Bethal Tafelronde 104 weer op die been
Organisasie beplan projekte vir die gemeenskap.
BETHAL – Bethal Tafelronde 104 is weer aktief danksy mnr. Jeandré Venter.
“Ek het gesien daar was ’n behoefte in die gemeenskap en het besluit om die plaaslike Tafelronde weer op die been te bring.
“Dit is onregverdig dat Secunda Tafelronde geld in Bethal ploeg, en andersom.
“Geld wat vir Bethal ingesamel word, sal vir Bethal se gemeenskap gebruik word,” het mnr. Venter gesê.
Bethal Tafelronde 104 beplan om in April ’n gholfdag aan te bied ten bate van MD Coovadia Combined School in Milanpark.
Mnr. Venter het die gemeenskap gevra om dié dag te ondersteun.
Vir meer inligting of om by Bethal Tafelronde 104 aan te sluit, skakel mnr. Venter by 072 978 8525.




