Local newsNews

Nandie geniet dit om Secunda-mense mooi te maak

Sy wou eers ’n polisievrou word maar, die haarkapper industrie het meer aanloklik gelyk.

SECUNDA – Me. Nandie Breedt wou eers ’n polisievrou geword het, maar die haarkapperindustrie het meer aanloklik gelyk.

“Ek het na matriek in ’n salon uitgehelp om eers te kyk of ek wel daarvan hou.

“Dit was lekker om met mense te werk en ’n plesier om hulle mooi te maak,” het sy vertel.

Me. Breedt het na skool aan ’n kollege studeer waar sy in een jaar al die teoretiese aspekte van haarkappery geleer het.

Sy het daarna haar praktiese opleiding vir twee jaar op Centurion gedoen.

“Ek het eers by ’n ander salon gewerk en moes vinnig die besluit neem om my eie salon oop te maak omdat die geleentheid daar was.

“Ek is nie een dag daaroor spyt nie, want daar is niks lekkerder as om ’n kliënt te hê wat tevrede uit die salon stap nie.”

Me. Breedt se ma is 16 jaar gelede aan bloedkanker dood, daarom doen sy nou baie vir kanker en help om geld in te samel en doen bewusmaking.

Sy hou gereeld Shavathons by die salon waar mense hul hare kan laat sproei en skeer en die geld word dan aan Kansa geskenk.

“Ons samel ook gereeld blikkieskos en klere vir behoeftige of hawelose mense in.

“Ons probeer van die salon se kant af soveel moontlik doen om soveel mense moontlik te help,” het me. Breedt verduidelik.

Sy staan nie net vir Kansa by omdat haar ma kanker gehad het nie, maar ook omdat sy meen dat mense met kanker nie altyd die ondersteuning kry wat hulle nodig het nie.

Me. Breedt het vanjaar ook haar skoonheidsafdeling van die salon oopgemaak.

Hou die Elaganté Haar- en Skoonheidsalon se Facebookblad dop om te sien wanneer daar weer ’n Shavathon aangebied word of wanneer kos en klere ingesamel word.

 

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Standerton Advertiser

For more news and interesting articles, like us on Facebook, and follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button