Local newsNewsSport

Tilanie maak opgang in ruiterkuns

Haar toekomsplanne is nou ingeweef met iets wat met perdry te doen het.

Tilanie Groenewald maak in die ruiterkuns opgang.

Dié gr.10-leerder van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs aan die Western Mounted Games Q2 op Ermelo op haar perd Sanesa ’n algeheel tweede plek behaal.

Sy het ook die voorreg gehad om as reserwe deel van die S.A. Juniorspan te wees wat aan ’n internasionale uitdagingstoernooi deelgeneem het waar hulle teen Suid-Afrikaanse senior- en veteraanspanne meegeding het met uitnodigingspanne van sover as Swaziland en Zimbabwe.

Die juniors het by dié toernooi in die sesde plek geëindig.

“Ek was baie verbaas en baie trots om deel van dié span te wees,” het Tilanie gesê.

Haar vaardighede is reeds sedert gr. 1 geslyp en haar eerste skou is in gr. 3 aangedurf.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button