Local newsNews
Bethal inwoners hou vuilgoed-protes teen geen vullis verwydering
Inwoners van Bethal het hul ontevredenheid oor swak dienslewering getoon deur hul gemors voor die Stadsaal te gooi.

Inwoners van Bethal is keelvol vir Govan Mbeki Munisipaliteit se swak dienslewering.
Lede van die gemeenskap het op Dinsdag, 28 Maart, in protes teen die swak dienslewering, hul vullis sakke voor die munisipaliteit se kantore gegooi.
Een zone in Bethal se vullis staan al vir twee weke as gevolg van die publieke vakansiedag wat op Dinsdag, 21 Maart geval het.
Govan Mbeki Munisipaliteit het inwoners in kennis gestel dat die week se vullisverwydering as gevolg van die staking by die Munisipaliteit se hoofkantoor in Secunda ook nie sal plaasvind nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



