Ondersteun Warm Winter Kombersprojek
Solidariteit Helpende Hand wil weer hierdie winter ’n verskil in Bethal te kan maak. So kan jy help.

Vanjaar se Warm Winter Kombersprojek word deur die sopkombuis, Solidariteit Helpende Hand Bejaarde Sorg en welsynsorganisasies geloods.
Die hoofdoel is om aan bejaardes en kinders komberse te gee om die Bethal-koue dié winter uit te hou.
Nadat bejaardes en kinders van ’n kombers voorsien is, sal daar ook aan ander behoeftiges komberse uitgedeel word.
’n Snoesige, warm kombers is ’n luukse vir behoeftiges.
Enige kombers, nuut of oud, kan geskenk word.
Dit kan by FB Slaghuis of The Purple Parrot Gift Shop afgelewer word.
Vir meer inligting, skakel Lettie van die sopkombuis by 082 495 8774, Sanette by 082 300 4835, Vickey by 071 277 0066 of Magdel by 076 165 1859.



