
Elna van Heerden (88), gebore Hilder, is 14 April oorlede.
Sy is 21 November 1921 in Amersfoort gebore en het haar skoolloopbaan by die Convent in Ermelo voltooi.
Later het sy met Hendrik van Heerden getrou en die egpaar het hulle in Ermelo gevestig.
Twee seuns, Jannie en Tommy en ’n dogter, Aldie is uit die huwelik gebore.
Die egpaar het na Piet Retief en later Vereniging verhuis en het in 19991 teruggekeer na Ermelo.
Elna was die afgelope twee jaar ’n inwoner van die SAVF-Huis Ermelo.
Sy word oorleef deur haar twee seuns, ’n skoondogter, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



