Local newsNews
Oorsaak van huisbrand onbekend
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

Ermelo se brandweerdiens moes Vrydagaand haas na ‘n huis in Theronstraat wat aan die brand was.
Die vuur het skade aan die sitkamer, braaiarea, buitegeboue en voertuie aangerig en daar is rookskade in die res van die huis.
Die brandweer het die vuur vinnig onder beheer gekry.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



