Local newsNews

AfriForum rig padtekens op Secunda op vir padveiligheid

“Ons kan nie terugstaan en kyk hoe padveiligheid geen prioriteit geniet nie”

Die plaaslike AfriForum-tak het onlangs spoedhobbelwaarskuwingstekens, ’n toegeeteken en stoptekens op die dorp opgerig.

Dié projek is deur die tak geloods weens padveiligheidsrisiko’s wat bestaan omdat verkeerstekens nie deur die Govan Mbeki Munisipaliteit onderhou word nie.

“Dit is lekker om ’n verskil in ons gemeenskap te kan maak, maar meer mense moet by AfriForum betrokke raak en by ons aansluit,” het mnr. Hennie Pretorius, AfriForum se

takvoorsitter op Secunda, gesê.

“Ons kan nie terugstaan en kyk hoe padveiligheid geen prioriteit geniet nie.

“AfriForum is hier om ’n verskil in ons gemeenskappe te maak en sal dit aanhou doen deur soortgelyke projekte deur die loop van die jaar te loods,” het me. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, bygevoeg.

 

Lees ook: Polisie is besorg oor padveiligheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button