TB-pasiënte Standerton Santa Hospitaal mag voordeel trek uit serp-projek
Hulle beoog om vir elke pasiënt ’n warm serp vir die koue Standerton-winter te gee.
’n Groep vroue het ’n serp-inisiatief op Facebook raakgelees en wil dit ook op Standerton doen.
Die verskil is egter dat dit nie in bome opgehang word nie, maar vir die TB-pasiënte by die Santa Hospitaal bedoel word.
Hulle beoog om vir elke pasiënt ’n warm serp vir die koue Standerton-winter te gee.
As die serp of serpe klaar gebrei is, kan dit by Njam, winkel no, 4, Central Park Kompleks in Princess-straat afgelaai word.
Serpe wat oorbly, sal aan minderbevoorregtes uitgedeel word.
As jy eerder wol wil skenk, kan dit ook by Njam afgegee word en diegene wat brei, kan wol daar gaan afhaal.
Skakel me. Stefni Griffen by 082 557 5483 of me. Magriet Jansen van Rensburg by 079 679 5110.



