Secunda-gesin verloor byna alles in huisbrand voordat hulle verhuis
Die brand is net tot die stoorkamer en motorhuis beperk, maar al die bokse wat klaar gepak was, is vernietig.
Me. Marlise Mocke en haar dogter het televisie gekyk nadat hulle die hele Vrydag gepak het omdat hulle besig is om te trek.

Hulle het die bokse met klere, kombuisware, breekgoed, linne, skoolboeke en gordyne netjies in die buite stoor
kamer gepak.
“Ons het halfpad deur die fliek Saterdagmiddag ’n harde slag gehoor en ek het uitgegaan om te kyk wat aangaan,” het me. Mocke gesê.
Toe sy buite kom, was haar buurman reeds by die hek en hy het vir haar geskree: “Dit brand! Dit brand!.”
Ander bure het ook nader gehardloop om te kom help en hulle het die gebou met tuinslange begin natspuit.
Die brandweer was vinnig op die toneel en het gehelp om die vuur te blus.
Me. Mocke is dankbaar vir die vinnige optrede deur die bure, die brandweer- en Langamed Suid Ambulansdienste.
Die brand is tot net die stoorkamer en motorhuis beperk, maar al die bokse wat klaar gepak was, is vernietig.
“Ons het nog ons meubels in die huis, maar ons kombuisgoed, my gordyne, my en my dogter se klere en skoene is alles vernietig.”
Die ondersoek na die oorsaak van die brand is nog nie afgehandel nie.
Lees ook:Secunda house burns down
7 tips to prevent home fires
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



