Local newsNews

Bethal DBV gryp in omdat vier honde erg verwaarloos is

Deense hond weeg slegs 10km weens ondervoeding.

Quinn is deesdae saggeaard en spelerig en blom behoorlik as sy aandag kry.

Dit was egter nie altyd die geval nie.

Sy is ’n tweejarige Deense hond en is saam met vier ander honde op 11 April aan die DBV oorhandig nadat die publiek oor die toestand van die honde gekla het.

Die honde was verwaarloos en ondervoed.

Quinn (’n jong Deense hond) was erg verwaarloos en ondervoed en het slegs 10kg geweeg.

“Toe Quinn hier aangekom het, kon sy nie staan nie en het soos ’n karkas gelyk as sy gelê het.

“Sy kon skaars haar kop lig,” het me. Laurna Coetzer, inspekteur, gesê.

Deense honde se ideale liggaamsgewig is 45kg, maar Quinn het ’n skokkende 10kg geweeg.

“Toe die honde kos gegee is, het hulle dit verslind en sou die staalbakke ook geëet het as ons nie gekeer het nie,” het die veldinspekteur, mnr. Stefan Bam, vertel.

Quinn weeg nou na vyf weke 25.6kg en sy het ’n spesiale band met die leerlingveldinspekteer, me. Cherise Botha, gebou.

Lees die volledige berig in die Ridge Times.

Lees ook: Tjoekie is Bethal DBV se amptelike kantoorkat

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Related Articles

Back to top button