Local newsNews

Raak betrokke by Tutela Gesinsorg Standerton

Dienste sluit in gesinsbewaring, aansoeke vir bejaardes na ouetehuise en uitvoering van die Kinderwet 38 van 2005.

Tutela Gesinsorg Standerton, voorheen as die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) bekend, lewer voorkomende en statutêre dienste aan die gemeenskap se kwesbares om hulle te beskerm, bemagtig en te ondersteun.

Dié nie-winsgewende organisasie lewer professionele maatskaplike dienste op Standerton, Charl Cilliers, Bethal en Greylingstad.

Dienste sluit in gesinsbewaring, aansoeke vir bejaardes na ouetehuise en uitvoering van die Kinderwet 38 van 2005.

Ouerleidings-. lewensvaardigheids- en bewusmakingsprogramme vorm deel van hulle werk asook armoedeverligting en gemeenskapsprojekte.

Kospakkies word aan gesinne en persone in nood uitgedeel en ’n winkel met tweedehandse klere voorsien in menige se behoeftes.

Die gemeenskap kan betrokke raak deur voedsel, klere, komberse en speelgoed te skenk en ’n finansiële donasie sal altyd welkom wees.

’n Kind wat byvoorbeeld vir terapeutiese of forensiese assessering moet gaan, kan geborg word en diegene wat bereid is om pleeg- of veiligheidsouers te wees, kan met hulle by 017 712 7110 in verbinding te tree of die kantore in Charl Cilliersstraat 55 te besoek.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 5bf99755

WhatsApp – 0731082205

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button