Local newsNews

Brand verwoes deel van huis in Petstraat

Volgens 'n inwoner, me. Elina Sibeko, het die brand ontstaan in die een helfte van die motorhuis wat afgeskort is in twee wooneenhede.

‘n Brand het Saterdag net ná middernag in ‘n huis in Petstraat ontstaan.

Die brandweer was egter vinnig op die toneel en het die vuur gou geblus.

Met die Hoëvelder se aankoms het etlike mense verwese in komberse toegedraai buite die huis rondgestaan.

Volgens ‘n inwoner, me. Elina Sibeko, het die brand ontstaan in die een helfte van die motorhuis wat afgeskort is in twee wooneenhede.

Sy en haar gesin woon in die ander gedeelte van die motorhuis.

Sy het gesê die inwoner van die gedeelte van die motorhuis waarin die brand ontstaaan het, het haar en ander inwoners wakker geklop om te sê die huis brand en dat sy hom teen Sondagoggend nog nie weer gesien het nie.

Die omvang van die skade was nog nie bepaal nie toe die Hoêvelder Sondagoggend weer die huis besoek het.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button