InternationalLocal newsNewsSport

Bertus en Wilma is Bethal Gholfklub se jaarlikse klubkampioene

Bethal Gholfklubkampioenskap is oor 36 putjies gespeel.

BETHAL – Bertus Nortier en Wilma van Vuuren is Saterdag, 9 Maart as Bethal Gholfklub se klubkampioene gekroon.

Nortier het 152 houe oor 36 putjies aangeteken en Van Vuuren 195.

Nortier het strawwe kompetisie gehad. Ná die eerste nege putjies het hy 39 houe geslaan, Corne Klopper 38, Sipho Skhosana 39 en Reinhart Botha 38.

Oor die tweede nege putjies het Nortier 36 houe geslaan wat hom ’n totaal van 75 gegee het ná 18 putjies.

Klopper het egter 42 houe gespeel vir ’n totaal van 80, Skhosana het 38 houe gespeel vir ’n totaal van 77 en Botha het 45 houe gespeel vir ’n totaal van 83.

Oor die derde nege putjies het Nortier 38 houe gespeel, teenoor Klopper se 38, Botha se 37 en Skhosana se 39.

Nortier het tydens die laaste nege putjies kop gehou en 39 houe gespeel vir ’n groottotaal van 152 oor 36 putjies.

Skhosana het 38 houe gespeel vir ’n groottotaal van 154 houe, terwyl Klopper 39 houe gespeel het vir ’n groottotaal van 157. Botha se 38 houe het aan hom ’n groottotaal van 158 besorg.

Sipho Skhosana het die prys ontvang vir die tweede plek in die A-afdeling.

Reinhart Botha met 140 het die nettoprys vir die A-afdeling ontvang, met Corne Klopper (149) tweede.

Willem du Plooy het die B-afdeling gewen met ’n netto van 135, terwyl Fransois Berry die C-afdeling gewen het met ’n netto van 152.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button