Local newsNews

Vier-provinsie Boeredag word op Frankfort aangebied

Dié byeenkoms bied nie net nuwe kennis vir wildtelers nie, maar ook n geleentheid vir groei, samewerking en formalisering van die wildindustrie in die omgewing.

’n Vier-Provinsie Wildboeredag sal op 20 April by die Royal Auction Centre op Frankfort gehou word.

Met Frankfort as kruising tussen die provinsies, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng, word beoog om ’n potensiële wildteeltgroep te posisioneer in een van die beste wildteelgebiede in Suid Afrika.

Dié byeenkoms bied nie net nuwe kennis aan wildtelers nie, maar ook ’n geleentheid vir groei, samewerking en formalisering van die wildindustrie in die omgewing.

Die byeenkoms sal die volgende insluit:

· Bespreking gefokus op die waarde en potensiaal van die wildindustrie en
· Die formalisering van die wildindustrie in samewerking met Wildlife Ranching South Africa (WRSA), asook
· Die stigting van die Quest Wildtelersgroep
· Dit sal duur van Vrydag om 10vm tot 1nm, gevolg deur middagete en potensiële netwerkgeleenthede
· Gratis toegang

Die jaarlikse RAC Wildveiling sal op Saterdag, 21 April plaasvind.

Verblyf kan gereël word.

Agenda:

• 9.30vm- Registrasie
• 10vm – Verwelkoming – Paul Aucamp (Vaalkrans & Quest Wildtelersgroep)
• 10.10vm – DUMMIES Gids tot oorlewing: Wildteelt in ZA – Dr. Paul Lubout
• 10.40vm – Aanvullende voeding van ’n buffelkoeitrop vir optimale reproduksie – Craig Shepstone
• 11.10vm – Teebreek
• 11.30vm – Nuwe opwindende ontwikkelinge in bosluisbeheer by wildkuddes – Dr. Sumari Potgieter
• 12nm – The emerging game rancher in the changing political economic climate – the role of AGRA – Mike Gcabo
• 12.10nm – WRSA – Adri Kitshoff Botha (CEO)
• 12.30nm – Bespreking van die stigtingsgeleentheid van ’n WRSA Bedryfskamer
• 1nm – Middagete : Geniet ’n heerlike braai en kuier na afloop van die verrigtinge
Teikengehoor:
• Alle WRSA-lede
• Alle WS2-lede
• Alle wildtelers in die Noord-Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng en Noord-KwaZulu-Natal
• Alle veeboere wat met wild boer
Kontakbesonderhede:
Skakel me. Colleen Franklin (organiseerder Vaalkrans) by 082 889 0638 of e-pos na colleen@classicbushliving.co.za of
Me. Rolindie de Klerk (WS2) by 072 313 9410 of e-pos na admin@ws2.co.za of
Me. Ankie Stroebel (WRSA) by 082 441 1822 of e-pos na members@ws2.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button