Local newsNews

Entia neem bestek op van die lewe

Haar suster, Almarie, het die knoop deurgehaak om die verse in gedrukte vorm die lig te laat sien.

Me. Entia van der Wath het haar hand aan die digkuns gewaag en ’n familiekleinood bewerkstellig.

“Ek sal sorg dat al die kinders en kleinkinders eendag ’n kopie kry,” het sy laat blyk.

Dié bundel verse, Die lewe is ’n soetsitroen, getuig van ’n vrou se emosionele belewenisse na moeilike tye op die familieplaas beleef is, sowel as die rol wat haar eggenoot, ouers, gesin en familie in haar lewe gespeel het.

Met ’n sterk geloofsboodskap in die gedigte, het haar suster, Almarie, die knoop deurgehaak om die verse in gedrukte vorm die lig te laat sien.

Entia het die oplaag van 50 onder haar familie en vriende uitgedeel en, volgens haar, het dit oorwegend aanklank gevind.

“Skryf is terapeuties, ’n uitlaatklep en kan wonde genees.”

Dié inwoner van Standerton het na haar B.A. en H.O.D.-studies aan die Universiteit van Pretoria, vir ’n paar jaar skoolgehou en het die eiendomswêreld betree nadat die gesin dorp toe getrek het.

Ter afsluiting het sy verwys na die titel van die bundel, wat in 2002 in Pennevrug van die ATKV, Woordfabriek nr 2, gepubliseer is:

“Die lewe is

’n soetsitroen

’n blink galjoen

wat moot vir moot

gekap word

met ’n stomp harpoen.”

Lees die volledige berig in volgende week se Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button