Local newsNews

Suster Thea Potgieter leer die VLU-vroue oor ekobehandeling

Kinross VLU-tak vergader weer op 10 Mei en belangstellendes is welkom.

SECUNDA – Lede van die Kinross VLU-tak het Donderdag, 12 April hul maandelikse vergadering op Secunda gehou en me. Thea Potgieter, ’n suster, het oor ekobehandeling (ook genoem omgewingsbehandeling) gepraat.

Ekobehandeling is genesing wat teweeg gebring word deur interaksie met die omgewing of aarde.

Dit word ook groenterapie genoem.

Suster Potgieter het gesê om meer tyd buite in die natuur deur te bring en byvoorbeeld te gaan stap of fiets te ry, is ’n persoonlike gesondmakingsproses en verlig ook depressie.

Lees ook: Vroue geniet VLU-kongres

Sy het ook oor diereterapie gepraat en gesê plante is goed vir ’n mens se gemoed en diere is tot ’n mens se voordeel.

“Bewaar en versorg jou omgewing, plante gee vir ons suurstof,” het me. Potgieter gesê.

Die voorsitter, me. Hannie van Niekerk, het gesê belangstellende jong vroue wat wil leer brei of hekel, is welkom om vergaderings by te woon.

Hulle sal ook verskeie ander kunsaktiwiteite by dié tak se vergaderings kan doen.

Die Kinross VLU-tak samel tydskrifte in vir ’n projek en hul volgende vergadering is Donderdag, 10 Mei om 9vm op Secunda.

Vir meer inligting, skakel me. Van Niekerk by 072 834 1554.

Lede wat die Kinross VLU-tak se vergadering bygewoon het, is (voor) me. Edith Hall, me. Magda van Niekerk en me. Susan van der Merwe. Agter is me. Adrie van Niekerk, me. Hannie van Niekerk en me.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button