PJ Pretorius kondig die 10 finaliste aan wat by Swartgoudfees gaan optree
Die wenner sal op die Swartgoudfees aangekondig word
SECUNDA – PJ Pretorius van The Voice-faam het 10 plaaslike sangers gekies as finaliste vir die Swartgoudfees-talentkompetisie.
Dié finaliste tree op 9 Junie by die Swartgoudfees op Kriel op wanneer die wenner ook aangewys sal word.
Die top 10 is uitgesoek tydens oudisies wat in Mei op Secunda en Kriel gehou is.
Hulle is Diandri Potgieter, Su-Marie Naudé, Louis van Rooyen, Michyla-Mae Lewis, Christi-G, Robert Tiberi, Charlene Jordaan, Martinique Brophy, Chrizelle Nel en Jacques Swanepoel. Die wenner van die talentkompetisie sal beloon word met ’n demo CD-opname van drie liedjies deur Kelber Records ter waarde van R30 000.
PJ sal ook by die fees wat op 8 en 9 Junie by Laerskool Krielpark aangebied word, optree.
Ander sangers wat op die verhoog gaan wees, is Ray Dylan, Dozi en Fatman.





