Local newsNews

ATKV Kosmosrand-tak skenk komberse aan Laerskool Trichardt se koshuis

Organisasie vier Mandeladag deur behoftige kinder te help.

TRICHARDT – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Kosmosrandtak het Maandag, 16 Julie komberse en meel aan Laerskool Trichardt se koshuis geskenk.

Dit is deel van die ATKV se uitreik vir Nelson Mandeladag wat op 18 Julie gevier word.

Mnr. Henk Louw, koshuisvader, het die komberse ontvang en gesê dit sal by die koshuis gehou word sodat die kinders daar warm kan slaap.

“Ons bedryf die koshuis soos ’n tehuis en is uniek,” het mnr. Louw gesê.

Laerskool Trichardt se koshuis huisves baie behoeftige kinders en mnr. Louw het gesê hulle probeer om vir al dié kinders borge te kry om in hul behoeftes te voorsien.

Vir meer inligting oor die ATKV se projekte of om betrokke te raak, skakel die tak se voorsitter, me. Tracey van Wyk, by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button