Local newsNews

Boeta en Eiber en Neethling se duiwe wen tydens Sasol Posduifklub se wedvlug

Boeta Homan en Eiber en Neethlig-span se duiwe wen.

SECUNDA – Gunter Eiber en Hendrik Neethling van die Eiber en Neethling-span se duiwe het die jaaroudafdeling tydens Sasol Posduifklub se wedvlug die naweek gewen.

Die posduiwe is op Warrenton losgelaat en moes na hul onderskeie huise op Secunda en omgewing vlieg.

Een van Eiber en Neethling-span se ander duiwe het ’n vierde plek behaal, terwyl een van Selection Loft-span se duiwe tweede geëindig het en Ernst de Nysschen se duiwe derde en negende.

Een van Buks Snyman se duiwe het ’n vyfde plek behaal, terwyl Frik Stander se duiwe sesde, sewende, agtste en 10de plekke behaal het.

In die ope-afdeling het Boeta Homan se duif die vinnigste gevlieg. Sy ander duiwe het agtste en negende plekke behaal.

Die Viljoen-gesin se duiwe het tweede en derde plekke verower, DHL Hokke se duiwe vierde en sewende plekke en Frik Stander se duiwe vyfde en sesde plekke.

Een van die P. Steyn-familie se duiwe het ’n 10de plek behaal.

Een van Boeta Homan se duiwe het die ope-afdeling gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button