Local newsNews

Lenie is VLU Tambuki-streek se vrou van die jaar

“Die VLU het al baie deure vir my oopgemaak en wat lekker is, is dat ek VLU-vriendinne regoor Suid-Afrika het."

Me. Lenie Groenewald is onlangs as die Vroue Landbou-unie (VLU) se Tambuki-streek Vrou van die Jaar aangewys.

Sy het al as vier-jarige dogtertjie saam met haar ma na die VLU-vergaderings gegaan waar sy geleer het hoe die VLU werk en waaruit dit bestaan.

In haar jonger dae was sy eers by Jong Dames Dinamiek betrokke, maar in die jaar dat sy 30 geword het, het sy gekies om eerder by die VLU aan te bly. In haar eerste kompetisie waaraan sy deelgeneem het, het sy saam met haar ma’s deelgeneem. Hulle moes ’n bababaadjie en skoene brei en hekel.

Met die ingee van haar artikel, het een van die beoordelaars ’n breinaald en wol in haar hande gedruk en gevra dat sy haar artikels net daar en dan moes oorbrei.

“Die vrou het gedink dat my ma of skoonma my artikels vir my gebrei en gehekel het. Hulle was glad nie beïndruk met die beoordelaar nie,” het me. Lenie laggend vertel.

Me. Groenewald is die afgelope 35 jaar by die VLU betrokke.

Om as vrou van die jaar benoem te word, word jy deur die voorsitter van jou tak genomineer en daar word saam deur al die voorsitters by die voorsittersvergadering besluit op die wenner wat dan tydens die jaarlikse konferensie bekend gemaak word.

Me. Buksie Bam het die instelling van vrou van jaar ingestel en het verlede jaar vir die eerste keer die toekenning ontvang.

Lees ook: Ontmoet VLU Talento Mulher se voorsitter Me. Ans Barnard

Om in aanraking te kom as vrou van jaar, moet jy iets besonders in jou streek doen. Me. Groenewald het met die hulp van baie mense dit reggekry dat die beoordelaars boeke hersien en herskryf, veral vir die fyner borduurwerk met ’n masjien. Dit het haar bykans ’n jaar geneem om al haar inligting bymekaar te kry en haar voorbereiding te doen.

Sy was ook deel van die stigting van die Adoré-tak op Ermelo. Me. Groenewald het die VLU as ’n leerskool vir alle vroue geskryf en ’n groep vriendinne wat altyd daar is vir jou.

“Die VLU het al baie deure vir my oopgemaak en wat lekker is, is dat ek VLU-vriendinne landwyd het.”

Sy het in 2009 saam met haar takvoorsitter, me. Ans Barnard, by die beoordeling in die brei- en hekelafdeling betrokke geraak.

Me. Groenewald is sedert 2012 die sameroeper vir die Tambuki-streek en is daarvoor verantwoordelik om al 11 takke se artikels vir beoordeling te neem. Die sameroeper is ook daar om die vroue te motiveer om hul artikels in te skryf.

“Ek probeer altyd die vroue oortuig dat beoordeling nie ’n eksamen is nie, maar eerder ’n leerskool om jouself te verbeter.”

https://highvelder.co.za/64394/talento-mulher-vroue-landbou-unie-tak-in-ermelo-is-meer-as-net-tannies-wat-koek-eet-en-tee-drink/

Me. Goenewald is in 2017 as die sameroeper vir Mpumalanga aangestel.

“Ek leer soveel mense ken en kan dus altyd mense help.”

Me. Groenewald word beskryf as ’n vrou wat altyd ander mense wil help en die lewe vir ander makliker wil maak.

Sy het vertel dat die moeilikste artikel wat sy al gemaak het, ’n kombers wat met Toenisiese hekelwerk gedoen is.

Dit het ’n derde plek in Suid-Afrika behaal.

Sy het laggend vertel dat sy glad nie bak en bottel nie, maar dat sy wel lekker saam kan proe.

Me. Groenewald se leuse is dat jy jou passie moet uitleef en dinge waarvoor jy lief is moet doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button