Local newsNews

Amputees stap 3 000km vir bewusmaking – besoek Ermelo op pad na Kaapstad

As enige iemand hulle dalk kan help met verblyf op Carolina, Breyten, Ermelo en Sheepmoor, kan hulle mnr. Lourens skakel by 072 265 3241.

Twee amputees beoog om die 3 000km-staptoer van Pretoria na Kaapstap binne vyf maande te voltooi.

Mnre. Paul Steyn en Mike Minnie het hul reis Dinsdag, 26 Junie in Pretoria afgeskop en beoog om die reis op 22 November in die Kaap af te sluit.

Dié twee mans het albei ’n been wat geamputeer is wat dit ’n besonderse taak maak om hul reis in slegs vyf maande te voltooi.

Mnr. Steyn het die Paul Steyn-stigting in 2011 as ’n nie-winsgewende organisasie gestig. Die hoofdoel van die stigting is om geld in te samel om benadeelde amputees te help wat nie geld het om prostetiese ledemate te kry nie.

Daarmee saam streef die Paul Steyn-stigting ook om bewusmaking te skep onder die publiek oor wat amputees benodig en deurmaak en die kostes van en toegang tot prostetiese ledemate.

Hulle sal Dinsdag, 24 Julie Ermelo binnestap, waarna hulle weer op 26 Julie na Sheepmoor en Mkondo (Piet Retief) vertrek.

“Ons benodig borgskappe vir dié twee mans. As alle uitgawes vir die stap afkomstig is van die geldinsameling, slaan dit die doel van die stap mis. Alle geld wat ingesamel word tydens die staptoer, moet gaan om ander amputees te help,” het mnr. Lourens gesê.

Afgesien van finansiële hulp, sal mnr. Paul, mnr. Mike en mnr. Lourens, bestuurder, behuising en etes benodig, asook water, versnaperings, brandstof vir die voertuig wat saam met hulle gaan, lugtyd en data vir videomateriaal en kommunikasie, sokkies en loopskoene.

As enige iemand hulle dalk kan help met verblyf op Carolina, Breyten, Ermelo en Sheepmoor, kan hulle mnr. Lourens skakel by 072 265 3241.

Hulle verwelkom enige geleenthede om te getuig oor hul reis en daaglikse uitdagings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button