Local newsNews

Kruik Kerk bied nagmark aan in Secunda

Neem jou ou baadjie nou na die Kruik Kerk.

SECUNDA – Die Kruik Kerk bied Vrydag, 27 Julie weer hul maandeliks Nagmark aan.

Dit begin om 4nm en duur tot 9nm.

Me. Chanel Jones, wat die mark reël, het dit as ’n geleentheid vir die gemeenskap beskryf om saam te kuier en die aand te geniet.

Nuwe uitstallers is welkom om ’n stalletjie te bespreek.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na nagmark@kruik.co.za.

Kruik het onlangs ’n nuwe projek geloods om baadjies vir behoeftiges in te samel en dit dan aan ’n boom vas te maak.

Hulle gaan die aand van die Nagmark dit aan omliggende bome vasmaak waar behoeftiges dit kan gaan haal.

“Ons gaan die hawelose mense inlig dat die baadjies daar beskikbaar sal wees,” het me. Jones gesê.

Hulle gaan die baadjies wat oorbly, van die bome afhaal en sal dit dan verder onder behoeftiges versprei.

Kruik gaan ook by die Nagmark ’n muntlegging vir Bianca Fourie (16) hou wat onlangs ’n operasie moes ondergaan om haar skewe rugstring reg te maak.

Sy moet nog vir opvolgbesoeke by die dokter gaan, asook fisioterapie, en die gesin het nie ’n mediese fonds nie.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 634 7833.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button