Local newsNews

ATKV Kosmosrand ontvang toekenning vir projek van hoë gehalte

Gemeenskap was die fokuspunt van hul projek by plek van veiligheid.

SECUNDA – Die ATKV Kosmosrandtak is verlede week by die ATKV se algemene jaarvergadering wat by Klein Kariba naby Rustenburg plaasgevind het, as die tak met een van die beste projekte aangewys.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter van die tak, het die toekenning namens die tak ontvang vir die projek van hoë gehalte met die gemeenskap as fokuspunt.

Dit was een van die beste projekte in Mpumalanga en Gauteng.

Lede van die tak het verlede jaar in Bet-Salem Huis belê toe hulle elke kind bederf het met nuwe skoolskoene, klere en toiletware.

Bet-Salem Huis huisves meer as 20 behoeftige kinders en is van donasies en skenkings afhanklik om te funksioneer.

Die tak het ook vir die kinders ’n Kerspartytjie gereël waartydens hulle heerlik kon smul aan lekkergoed en het ’n behoeftebepaling gedoen en kos vir die huis bymekaar gemaak en aan dit geskenk.

Die huisvader en -moeder het ook elkeen ’n geskenk ontvang.

By die ATKV se algemene jaarvergadering, gee die ATKV erkenning aan takke wat presteer op die ATKV se fokuspunte wat taal, onderwys, kunste en sosiaalmaatskaplik insluit.

Die tak het ook onlangs komberse en kos aan Laerskool Trichardt se koshuis oorhandig as deel van hul jaarlikse winterwarmprojek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button