Afriforum nooi inwoners na buurtwagvergadering in Secunda
Almal is genooi om die vergadering by te woon - van sektorpolisie-lede tot politici

SECUNDA – Afriforum hou ’n groot buurtwagvergadering by die Ankergemeente op Maandag, 30 Julie.
Die Ankergemeente is op die hoek van Pongola- en Voortrekkerstraat.
Volgens mnr. Jan du Plessis van Afriforum, skiet misdaad die hoogte in, maar inwoners kan ’n verskil maak deur meer betrokke te raak.
Alle belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon en om te gaan hoor hoe en waar hulle kan inskakel.
Mnr. Du Plessis het gesê hoe meer mense help om die strate snags te patroleer, hoe moeiliker word dit vir kriminele om toe te slaan.
Hy nooi almal om die vergadering by te woon, van sektorpolisielede tot politici.
“Kom ons staan almal saam en maak ’n reuse verskil. Moenie jou dorp se veiligheid vir die volgende persoon los nie. Elke paar oë is ’n ekstra paar oë.
Jy sal nie onnodig aan gevaar blootgestel word nie en ook nie in gevaarlike situasies gedwing word nie,” het mnr. Du Plessis gesê.
Die vergadering begin om 6.30nm.



