Local newsNews

AfriForum maak rioollekke reg

Munisipaliteit het nie voertuie om uit te gaan na rioollekke nie.

SECUNDA – Riool het verlede week by verskeie plekke op Secunda en omliggende dorpe oorgeloop en AfriForum het besluit om self in te spring en dit reg te maak.

“Ons het verlede jaar al ’n brief aan die munisipaliteit oorhandig en gevra dat hulle die rioollekke so gou as moontlik moet regmaak, maar niks het daarvan gekom nie,” het mnr. Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, gesê.

“Ons het dus mense gekry om die rioollekke reg te maak.”

Hy het verskeie strate genoem waar daar rioollekke is en een waar die mangat weg is.

“Dit vorm deel van die probleem, want dan val die gemors daarin en blok die pype.”

Hulle het onder andere die rioollek oorkant die Medforumgebou Maandag, 30 Julie reggemaak.

Inwoners het op sosiale media AfriForum vir dié gebaar bedank.

Me. Mariaan Chamberlain, DA-raadslid, het gesê sy het ook verlede week baie klagtes van inwoners wat rioolprobleme ondervind, hanteer en dit aangemeld en by die munisipaliteit opgevolg.

Op ’n stadium het munisipale werkers vir haar gesê hulle kon nie dadelik aandag daaraan gee nie omdat hulle nie voertuie het nie.

Hulle moes dus een voertuig vir Secunda en die omliggende dorpe gebruik.

Volgens me. Chamberlain, was die voertuie in om nuwe bande te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button