Local newsNews
Mense neem deel aan Swart Maandag
Inwoners ry op N17 en kom later by stadino byeen om memorandum te oorhandig.
SECUNDA – ’n Groep inwoners het Maandag, 30 Julie aan Swart Maandag deelgeneem om hul teenstand teen plaasmoorde te wys.
Dié aksie het Maandag landwyd plaasgevind en me. Tokkie Reinecke het die aksie op Secunda gereël.
’n Handjievol inwoners het om 12nm vanaf Trichardt op die N17-snelweg met hul hoofligte aan tot by die watertorings gery en weer terug.
Hulle het om 5nm weer by die stadion byeengekom waar hulle ’n memorandum aan die polisie sou oorhandig, maar brig. Sifiso Cele van Secunda Polise het nie op boodskappe en oproepe van me. Reinecke reageer nie en was nie daar om die memorandum te ontvang nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



