
SECUNDA – Marius Preston (46) is lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ’n agt-jarige dogtertjie.
Regter Graham Cupido het in die hof gesê Preston is ’n pedofiel.
Preston is tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis vir nog ’n aanklagte teen hom van seksuele oortredings teen ’n 10-jarige dogtertjie.
Hy is in 1998 sewe jaar tronkstraf opgelê vir onsedelike aanranding en het tronkstraf uitgedien.
Die oortredings waarvoor Preston nou onderskeidelik 10 jaar en lewenslank tronkstraf gekry het, het in 2014 en 2017 plaasgevind.

Lees ook:
https://www.citizen.co.za/ridge-times/110684/man-sentenced-for-rape/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



