Local newsNews

Veilingskrale op Standerton gons van bedrywigheid

Boere en afslaers was op hulle pos en personeel in laasgenoemde bedryf kon vir die administrasie wat wag, voorberei.

Die plaaslike veilingskrale is reeds vroeg op Vrydae ’n geroesemoes met voertuie wat dig bymekaar geparkeer staan.

Nadat op 31 Augustus by die stalletjies met allerlei ware verbygeloop is, het die rook van ’n vleisie op ’n vuur die lug ingetrek vir diegene wat vroeg opgestaan het.

Boere en afslaers was op hulle pos en personeel in laasgenoemde bedryf kon vir die administrasie wat wag, voorberei.

Die weeg van onder meer skape het intussen plaasgevind om ’n prys per gewig te betaal en by die ander vee, is die gebruiklike aflaai van diere opgemerk.

Gewis ’n bymekaarkomplek vir dese en gene in die gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button