CrimeNews

Inwoner word glo rassis genoem oor sy man aanspreek wat op parkeerplek vir gestremdes stop

Parkeerplekke, wat vir hulle gereserveer is, word onnadenkend deur ander gebruik.

Me. Elize Müller van Standerton, wat tans ’n kruk gebruik, se vinnige vroegoggendkoop van vrugtesap op 18 Januarie, is deur ’n rasvoorval ontsier.

Sy het om 6.32vm by die Sasol-vulstasie by Pick n Pay gestop en het van die eerste parkeerplek, langs dié vir gestremdes, gebruikgemaak om die deur wyd genoeg oop te maak.

Terwyl me. Müller uitgeklim het, het ’n bestuurder van ’n wit Audi in die gereserveerde parkeerplek gestop.

Sy het gevra waar sy rolstoel was en gesê dat hy nie daar mag stop nie, waarop die man glo geantwoord het dat hy niemand sien wat daar wou stop nie.

Me. Müller het bygevoeg dat sy hom gaan aanmeld en het ’n foto van sy motor in die parkeerplek geneem.

Die daaropvolgende gesprek tussen haar en die man, wat intussen sy inkopies afgehandel het, het gelei tot ’n onderonsie en die man het klaarblyklik vir haar gesê dat sy ’n rassis is.

Die Standerton Advertiser het probeer om die man op te spoor om sy weergawe van die storie te hoor, maar alle pogings was onsuksesvol.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button