Fotograwe skryf beste foto’s in
Volgende vergadering is 5 April en belangstellendes is welkom
SECUNDA – Mnr. James Harris het die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydagaand, 8 Maart, gewen.
Sy foto naamlik “Sunset in Secunda” was die beste.
Die ander wenners vir die maand was mnr. Pierre Jordaan onder die senior fotograwe met sy foto “Yellowbilled Teal Take-off” in die natuurvoëlsafdeling, en me. Sussa Pelser onder die junior fotograwe met haar foto “Te Perd” in die landskapafdeling.
Ander fotograwe wie se foto’s goed gevaar het, is mnr. Piet Potgieter met sy foto “On the Rocks” en mnr. Jordaan met sy foto “Trans Agulhas”.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 5 April om 6nm vir 6.30nm, by Sasol Ontspanningsklub.
Skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.






