Local newsNews

ATKV Kosmosrand-tak gee terug aan gemeenskap

Ondersteun organisasie op Secunda en omgewing

SECUNDA – Die ATKV Kosmosrand-tak se nuutste projek, Trippe Trappe Tone, Kouse vir my Tone, het reeds afgeskop.

Hulle het op Donderdag, 7 Maart, kouse aan koshuisleerders van Laerskool Trichardt geskenk.

Me. Tracey van Wyk, voorsitter, het ook skryfbehoeftes wat liniale, potlode, penne en uitveërs insluit aan die koshuisvader, mnr. Henk Louw, oorhandig.

Hy gaan die skryfbehoeftes soos wat die leerders dit benodig, aan hulle uitdeel.

Me. Van Wyk se doelwit is om teen die winter twee pare kouse vir elke behoeftige kind te gee.

Dié tak samel ook tans komberse in wat vir die winter aan veiligheidshuise geskenk gaan word.

Mnr. Louw het namens die leerders, me. Van Wyk bedank vir die werk wat die tak in die omgewing, en veral vir Laerskool Trichardt, doen.

Vir meer inligting, of om by die ATKV Kosmosrand-tak betrokke te raak, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

Mnr. Henk Louw, koshuisvader van Laerskool Trichardt, ontvang die skryfbehoeftes van me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Kosmosrand-tak op Donderdag, 7 Maart. Die leerders wys hulle nuwe kouse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button