Bethal Polocrosse-deelnemers berei voor vir wêreldbeker
Junior toernooi beloof om pret te wees
BETHAL – Die jaarlikse “Junior Classic Polocrosse”-toernooi vind vanaf 29 tot 31 Maart by die Bethal Polocrosseklub plaas.
Volgens me. Elri van der Merwe, een van die organiseerders, beloof dit om een van die beste toernooie van die jaar te wees.
Dié toernooi fokus daarop om die ontwikkeling en afrigting van junior deelnemers van 21 jaar en jonger te verbeter.
Die Wêreldbekerspan gaan ook aan dié toernooi deelneme om hulself voor te berei vir die wêreldbeker wat in April in Australië plaasvind.
’n Perdesportdag vind op Saterdag, 23 Maart ook by Bethal Polocrosseklub plaas, en die Mpumalanga Polocrossekampioenskap vind vanaf 13 tot 14 April plaas.
Vir meer inligtig, skakel mnr. Gert van der Merwe by 082 654 3903 of mnr. Johan de Jager by 060 966 3693.



