Mnr. Gideon Ras, ’n veiligheidsbeampte van Kasselman Veiligheidsdienste (KVD), het omstreeks 8vm op 9 Mei ’n man in hegtenis geneem in verband met ’n huisbraak by die RC Club op Standerton.
’n Boodskap op die Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) se groep het aangedui dat hy met ’n ander rooftog verbind kan word.
Die verdagte is aan die Standerton Polisie oorhandig.
Volgens die aanklagkantoor by die Standerton Landdroshof, is die saak nie op die hofrol geplaas nie weens gebrekkige getuienis.
Die polisie se aanklagstate sal weer ingedien word.
Die verdagte bly in aanhouding en sou op 14 Mei in die hof verskyn.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Standerton Advertiser.



