Gesteelde kabels is op Donderdag 16 Mei op mnr. De la Rey Tonkin, ’n boer in die omgewing, se mieleland gevind.
Volgens mnr. Leon Kapp, plaasbestuurder, is die ongewone gesig omstreeks 11.30vm opgemerk terwyl hulle op soek na olieboom en kankerroos was.
Daar is dadelik werk van die saak gemaak en met Transnet in verbinding getree, wat die Standerton Polisie sou skakel.
Mnr. Kapp het gesê dat Transnet aangedui het dat ’n 460-meter-kabel ter sprake was.

Lees ook:
https://standertonadvertiser.co.za/92582/beloning-aangebied-vir-gesteelde-skape/
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



