Local newsNews

Gerda Büter vertel van Kokkedoor

Gerda het haar gereg gemaak met uie, groenpeper, rooipeper, geelpeper, spek, geklitste eiers, gerookte worsies, beleë Cheddar-kaas en varsgekapte pietersielie bo-oor het die frittata afgerond.

Me. Gerda Büter van Standerton het haar ondervinding by die Kokkedoor-realiteitsprogram op televisie as uitsonderlik verwoord, maar moet liefs nie vra of sy weer vir so iets sal inskryf nie.

“Hoewel dit interessant was, sal ek dit nie weer doen nie,” het sy gesê.

Om agter die kap van die byl te kom, was nie so moeilik nie toe sy die herhalende kameraskote om dit eksie-perfeksie te kry, verduidelik het.

“Jy mag nie vir die kamera kyk nie,” was die opdrag.

Die skiet van die program het vir ongenaakbare ure gesorg en die kortste gedeelte van die program was die voorbereiding van haar dis, ‘n frittata, met kombuisgereedskap uit die boonste rakke.

‘n Waarskuwing moes ter harte geneem word oor hoe skerp die messe was.

Die kombuis is die eerste keer op 5 Februarie gesien waar 10 van die nuutste gasstowe met ‘n elektriese oond gereedgestaan het.

Gerda het haar gereg gemaak met uie, groenpeper, rooipeper, geelpeper, spek, geklitste eiers, gerookte worsies, beleë Cheddar-kaas en varsgekapte pietersielie bo-oor het die frittata afgerond.

Die Kokkedoor-voorskoot is natuurlik vasgebind wat ‘n kosbare herinnering is.

“Jy het ‘n voorskoot met jou naam op.”

Die lekkerste was sekerlik die aankoms op Kaapstad se lughawe en die sien van die bekende Kokkedoor-embleem.

Gerda het die langtafeleffek wanneer deelnemers uitgestem is, as die slegste beleef en is klaarblyklik nie die enigste wat dit so ervaar het nie.

“Dit is asof jy in ‘n koue kelder ingaan.”

Hoewel sy nooit die ander deelnemers se kos geproe het nie, is die deelnemers geensins afgeskeep nie en oor hulle verblyf kan huis toe geskryf word.

Nadat sy die eeste keer op televisie verskyn het, het inwoners en ou kennisse met haar in verbinding getree, met selfs ‘n boodskap of twee van Adelaide in Australië en Toronto in Kanada.

Haar man en familie het die geheim van haar afwesigheid dig bewaar, maar was duidelik bly toe sy veilig terug op eie bodem was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button