Dr. Antonie Botha se liefde vir mense is sy drafkrag vir ’n om die wêreld seiljag avontuur
Op die vraag waarom hy gekies het om deel te wees van die UNICEF seilboot, het hy emosioneel geantwoord, sy liefde vir mense en kinders is sy dryfkrag daaragter.
Dr. Anthonie Botha is gereed vir die avontuur van ’n leeftyd waar hy op die ouderdom van 68 saam met sowat 700 ander die “Clipper round the world race” op 1 September sal aanpak.
Dit is ’n seiljagwedvaart wat om die wêreld in agt bene strek, met opgeleide amateursbemanningslede aan boord.
Hy het sowat twee jaar gelede na Kaapstad gevlieg om na dié seilbote te kyk waar hul oorgestop het, minwetend dat hy met die volgende wedvaart op een van dié 11 identiese seilbote sal wees.
Dr. Botha sal op 1 September op die UNICEF-seiljag klim.
UNICEF is ’n nood-kinderfonds wat kwesbare kinders in moeilike omstandighede ondersteun.
“Ons, as bemanning van UNICEF, beoog om gedurende die Clipper-wedvaart ’n bedrag van £500 000 vir dié organisasie in te samel.”

Dr. Botha het bygevoeg dat UNICEF nie deur die United Nations befonds word nie, en is dus afhanklik van donasies om dienste soos inentings aan bykans die helfte van die wêreld se kinders te voorsien.
Hulle voorsien ook bykans 80 persent van die kos vir wangevoede-kinders, asook die voorsiening van onderwyshulpmiddels aan 47 miljoen kinders.
Hy het ’n beroep op alle Ermeloërs gedoen om ’n vennoot van die UNICEF span te word en hom te ondersteun in sy poging om meer mense bewus te maak van die swaar omstandighede van kinders in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld.
Donasies kan gemaak word op die webwerf www.justgiving.com onder dr. Anthonie Botha se naam.
Op die vraag waarom hy gekies het om deel te wees van die UNICEF seilboot, het hy emosioneel geantwoord, sy liefde vir mense en kinders is sy dryfkrag daaragter.
Sy reis kan gevolg word op UNICEF, deur te registreer as ’n reisvolger op die webwerf www.clipperroundtheworld.com of deur die Facebook-bladsy “Clipper Round the World Yacht Race” te volg.
Lees dr. Anthonie Botha se volledige berig in die Hoëvelder.




