Feral Watch poog om gesonde katkolonies op Standerton te vestig
Die werk gaan voort onder die naam, Feral Watch and TNR/Standerton wat op 2 Augustus gestig is.

Feral Care Friends Standerton sluit sy deure.
Me. Ceska van Huyssteen het die gemeenskap vir hulle hulp oor die afgelope vyf jaar bedank.
In dié tyd het meer as 500 katjies nuwe tuistes gekry, ‘n groot aantal stoorkatte is uitgepos en suksesvolle rehabilitasieprojekte is geloods.
Die werk gaan voort onder die naam, Feral Watch and TNR/Standerton wat op 2 Augustus gestig is.
Me. Nicolette van Zyl het twee jaar gelede dié nie-winsgewende organisasie op Secunda gestig en het mense aangemoedig om hulle Facebook-blad te besoek.
“Ons poog om gesonde, beheerde katkolonies te vestig,” het me. Van Zyl gesê.
Standerton se kontakpersoon, me. Riana Labuschagne, kan by 082 629 1536 geskakel word.
“Feral Watch verwyder nie katte nie, maar vang, steriliseer en plaas katte terug in kolonies,” het me. Labuschagne gesê.
Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, kan geld in die volgende rekening inbetaal:
Eerste Nasionale Bank, Feral Watch and TNR, Tjekrekeningnommer: 62814609353, Takkode: 27044 Verwysing: Naam en van.



