VIDEO – Hoëveld Jeugkoor bied koorfees by Hoërskool Ermelo Auditorium aan
Die fees begin om 3nm en kaartjies is teen R60 per persoon by Hoërskool Ermelo te koop.
Die Hoëveld Jeugkoor bied op 17 Augustus, hul jaarlikse koorfees by Hoërskool Ermelo Auditorium aan.
Die fees begin om 3nm en kaartjies is teen R60 per persoon by Hoërskool Ermelo te koop.
Die nege kore wat sal optree sluit in Laerskool JJ van der Merwe, Hoërskool Ermelo, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoëveld Jeugkoor, Laerskool Piet Retief, Lux Canta, Noord-KwaZulu Natal Jeugkoor, Mpumalanga Jeugkoor en Colla Voce Jeugkoor.
Die Hoëveld Jeugkoor is sowat 29 jaar gelede deur Pieter Koen (die sanger) en sy ma me. Elize Koen in Standerton gestig.
Hulle het in April die voorreg gehad om saam met die NWU Pukke koor op te tree.
Die koor het op 3 Augustus aan die Drakensberg Mountain Mites Winter Extravaganza deelgeneem, waar hulle saam met die Drakensberg Seunskoor opgetree het.
Die Jeugkoor word gevorm deur graad 6 tot graad 12 leerders van verskillende skole in die streek.
Mnr. Theunis Botha, die koorleier is al 14 jaar by dié koor betrokke.



