CrimeNews

Veediewe loop hul rieme styf

Bethal veediefstaleenheid en die plaaslike polisie het onlangs veediewe afgeweer en een vasgetrek.

BETHAL – Veediefstal in die omgewing neem toe.

Bethal-veediefstaleenheid en die plaaslike polisie het onlangs veediewe afgeweer en een vasgetrek.

Dié moontlike verdagte is van die Vaal Driehoek.

Nadat daar beslag op die ligte vragmotor gelê is, is 12 beeste uitgelaai.

Sewe beeste was elders versteek, maar is gelukkig ook gevind.

Die veediefstaleenheid het meer as 20 verdagtes in hegtenis geneem, waarvan meeste van dié vermeende diewe ook vantevore gevang was.

Skaap- en beesdiefstal is aan die orde van die dag.

Landbouers word aangemoedig om alles in hul vermoë te doen om hul vee te beskerm.

‘n Totaal van 12 beeste is uit dié ligte vragmotor gelaai.
’n Vreemdeling loop omstreeks 2.15vm tussen krale rond.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button