Bethallers soek dringend antwoorde oor brug
’n Vrou van Bethal wat anoniem wil bly, het oor die brug gery toe haar motor begin gly het. “Die oomblik toe ek oor die brug ry het my motor begin gly en ek het beheer verloor. My hart het in my keel gesit en ek het eintlik maar net vir die oomblik gewag wat ek by die brug sou afry. My motor is afgeskryf en ek het gesukkel om oor die skok te kom.”
BETHAL – Verskeie inwoners het gekla oor die brug op die R545 naby Jim van Tonderskool, juis omdat die pad op plekke glad voorkom en vol los klippies is.
‘n Kontrakteur wat moontlik van Nelspruit afkomsitg is, het aan dié stuk pad gewerk, waarna die pad in ‘n lewensgevaarlike toestand gelaat is.
Van die werkers het blykbaar gesê dat hulle die pad met ‘n nuwe produk moes teer, maar dat dit nie ‘gevat’ het nie.
Hierna het hulle weer probeer om die pad te teer, maar dit het blykbaar ook nie gewerk nie.
Die departement van publieke werke, vervoer en paaie het nie op Ridge Times se navrae gereageer nie.
‘n Vrou van Bethal wat anoniem wil bly, het oor die brug gery toe haar motor begin gly het.
“Die oomblik toe ek oor die brug ry het my motor begin gly en ek het beheer verloor. My hart het in my keel gesit en ek het eintlik maar net vir die oomblik gewag wat ek by die brug sou afry. My motor is afgeskryf en ek het gesukkel om oor die skok te kom.”
Selfs dié vrou en verskeie ander mense het die kontrakteur wat aan die pad gewerk het, tevergeefs probeer kontak.
Twee mans was nie so gelukkig soos sy nie, en het onder die brug beland.
Een se been en die ander se enkel was gebreek.
Op Facebook het nóg ‘n motoris gekla dat die los klippies op die pad teen motors opskiet.
Hy wou ook weet wie aan die pad gewerk het. Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle dié pad gebruik.



