Local newsNews

Waarmee hou Secunda se haak-en-steekgroep hul besig?

Die sakkies wat die groep hekel kan oor hul skouer hang terwyl die porta vac daarin geplaas word.

SECUNDA – Die haak en steek-hekelgroep het Augustus hul eerste verjaarsdag gevier.

Me. Lizette Marsh het die groep van stapel gestuur.

Lede van die groep het besluit dat hulle sakkies vir kanker pasiënte gaan hekel.

Wat dié sakkies so spesiaal maak is dat dit vir persone gegee word wat ‘n mastektomie moes ondergaan.

Ná ‘n mastektomie word dreineringspypies in die wond geplaas en aan ‘n porta-vac (dreineringsaparaat) gekoppel.

Wanneer ‘n pasiënt nie ‘n sakkie het om die porta-vac in te dra nie, moet hulle dit oral in hul hande saamdra.

Juis daarom het Haak en steek-hekelgroep dié sakkies begin maak.

So ‘n aparaat moet partymaal tot 10 dae gedra word.

Die sakkies wat die groep hekel kan oor hul skouer hang terwyl die porta vac daarin geplaas word.

Hospitaalpersoneel plaas handeroom, ‘n boekie en potlood om die dreinerings-hoeveelhede in op te skryf en ‘n klein Gideon Bybeltjie in die sakkie wat op die pasiënt se bed geplaas word.

Me. Marsh vertel: “Baie mense wat by my winkel kom wol koop het, het gevra of ek hulle nie kan leer hekel nie.

“Ek het besluit om ‘n groepie te stig en ook klas te gee. Hulle kan die wol vir goedkoop by my koop en ons kuier heerlik saam terwyl ons hekel.”

Dié groep vroue hekel die sakkies wat gratis aan spesifieke hospitale gegee word.

“Almal is welkom om te help hekel. Die wat nog nie kan hekel nie, kan kom leer.”

Me. Winnie Steenkamp het gesê dat dit soos ‘n terapiesessie is.

“Wanneer jy hier weggaan voel jy sommer stukke beter. Ons eet partymaal sommer ‘n lekker stukkie koek ook saam.”

As jy afval wol het of wol by me. Marsh wil koop en dit vir die sakkieprojek wil skenk, skakel me. Lizette Marsh by 084 335 3995.

Die vroue wys hul hekelprojekte. Voor is me. Lizette Marsh en me. Winnie Steenkamp. Agter is me. Vicky Erasmus, me. Sina Breet, me. Rina van der Linde en me. Carol van Staden.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button