Local newsNews

Danie Smit neem fotografieklub se beste foto

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon

SECUNDA – Mnr. Danie Smit se foto, Sunbird Article, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms wat op Vrydag, 16 Augustus by die Sasol Ontspanningsklub plaasgevind het.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Augustus was Magazine Cover Pages.

Die ander wenners vir Augustus was dr. Leon Pelser onder die senior-fotograwe met sy foto Paraglider Lift Off en me. Lorraine Botha onder die junior-fotograwe met haar foto Stairwell at Art Museum of Ho Chi Minh City.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete ontvang het, is me. Sussa Pelser met haar foto Glider at Sunset, mnr. Danie Smit met sy foto, Wave Backflip, mnr. Gerrit Myburgh met sy foto Mushroom Rocks, me. Botha met haar foto Wraps and Noodles made from Ground Rice, me. Renera van Wyk met haar foto Beach at Sunset en me. Pelser met haar foto Ice.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub vergader weer op Vrydag, 6 September om 6.30nm by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.

Skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Dr. Leon Pelser se foto, Paraglider Lift Off, was die beste onder die senior fotograwe.
Mnr. Danie Smit het ‘n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Wave Backflip.
Me. Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto Ice.
Me. Renera van Wyk het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto Beach at Sunset.
Me. Lorraine Botha se foto, Stairwell at Art Museum of Ho Chi Minh City, was die beste onder die junior-fotograwe.
Me. Lorraine Botha het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto Wraps and Noodles made from Ground Rice.
Mnr. Gerrit Myburgh het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto Mushroom Rocks,
Me. Sussa Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto Glider at Sunset

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button