Standerton landbouskou skop met dans af
Hekke open op Donderdag 12 September waarna die skou op Vrydag 13 en Saterdag 14 September sal voortgaan.

Die landbouskou is byna op ons, en vanjaar is dit met die skoudans op Vrydag, 23 Augustus afgeskop.
Die tema was ‘n aand by die Oscars en gaste het nie op hulle laat wag om hul voete te laat raas nie.
Mans en vroue het deftig in pragtige aanddrag vertoon.
Vanjaar se komitee het nie met die dekor of spyskaart afgeskeep nie.
Juis daarom het me. René Pretorius (skoupresident) haar komitee bedank en erkenning vir hul harde werk gegee.
“Sonder ons span sou ons nie kon saamtrek nie. Ek is opgewonde oor vanjaar se skou en kan nie wag om die skouterrein te sien en atmosfeer te ervaar nie. Dankie vir elkeen wat die skoudans ondersteun het. Ons sien uit daarna om julle te sien.”
Joe Foster en Janco Loubser het die gehoor vermaak en tot laat aand aan die skoffel gehou.
Skougangers kan uitsien na meer as 80 uitstallers waarvan 60 nuwe uitstallers is.
Die saalperdskou sal vanjaar weer iets wees om na uit te sien, inskrywings vir dié afdeling is reeds vol.
Hekke open op Donderdag, 12 September, waarna die skou op Vrydag, 13 en Saterdag, 14 September sal voortgaan.
Jo Black, Adam Tas en Demi Lee Moore is van die bekendes waarmee skougangers sal kan skouerskuur.
Vir meer inligting oor kaartjies, skakel 084 503 6683.
https://standertonadvertiser.co.za/95731/galery-skoudansers-gee-die-pas-aan/



