Local newsNews

VLU steek kers op oor kweek van mikro-groente

Vroue is gewys daarop dat daar binne 14 dae ’n bakkie vol groen blaartjies kan wees om in slaaie en bredies te gebruik.

Kaalspruit-tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op Dinsdag 13 Augustus by die Hervormde Kerk se saal vergader en by me. Hanlie Coetser kers opgesteek oor die kweek van mikro-groente.

Vroue is daarop gewys dat daar binne 14 dae ‘n bakkie vol groen blaartjies kan wees om in slaaie en bredies te gebruik.

‘n Gewone tinfoeliebakkie vol groenigheid sal selfs die kleinspan in die gesin aanspoor om te pluk en te eet.

Op dié wyse kry ‘n mens baie meer van die voedingswaarde van die blaargroentes in.

Slaai, roket, kale, kool en broccoli is goeie keuses om in mikrovorm te kweek en kruie soos basieliekruid, koljander en selfs mosterd kan ook so geplant word.

Wanneer die bakkie se opbrengs na sowat een tot twee maande opgebruik is, is dit maklik om weer ‘n bakkie aan die groei te kry.

Tydens die vergadering is ook meer te wete gekom van Ruda Landman, die skrywer, en Elandré Schwartz, die kunstenaar van die jaar van die Mpumalanga VLU.

Me. Santie Cawood het die inligting ingesamel.

Enigeen wat belangstel om by dié tak in te skakel, kan met me. Marietjie Swart by 083 449 2847 in verbinding tree.

Inligting: Marietjie Swart

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button