Local newsNews

Wildsfees op Bethal sorg vir heerlike kuier

Dié geleentheid was goed bygewoon, hoewel gaste hul teen die koue moes panser.

BETHAL – Die vure het weer hoog tydens Laerskool Marietjie van Niekerk se bekende Wildsfees op Saterdag, 31 Augustus, gebrand.

Dié geleentheid was op die skool se sportterrein aangebied en goed bygewoon, hoewel gaste hulle teen die koue moes panser.

Die Boeretroos- en Watergat- stalletjies het gehelp om die kele warm te hou.

Ricus Nel se optrede was veral gewild.

Die sanger, Coenie Bernhardt, het reeds vroeg Saterdagoggend ‘n foto van die verhoog op sosialemedia gedeel.

Bale wat tydens die fees gebruik was, was aan droogtehulp geskenk.

Die skoolhoof, mnr. Morné Scholtz, het ook die kans benut om ‘n paar foto’s te neem.
Ricus Nel tydens sy optrede by die Wildsfees. (Foto: Tersia Anne Fotografie)
Me. Marlene Coetzee, me. Lizel Hartman en me. Jenine Coetzee sien uit na Ricus Nel se optrede.
Hoewel me. Maruné van Vreden, me. Vicky van Vreden en me. Lizanne Coetzee warm moes aantrek, het hulle die kans om te kuier by Laerskool Marietjie van Niekerk se Wildsfees geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button