JW Stemmet se behandeling teen kanker werp vrugte af
JW sou Maandag vir 'n opvolgbesoek by die hospitaal gaan en sy pa het slegs lof vir die mediese sorg van die hospitaal.
JW Stemmet, die gr.11-leerder wat kankerbehandeling in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria ontvang het, is perdfris en gesond.
“Dit gaan baie goed met hom,” het sy pa, mnr. Joseph Stemmet, gesê.
Die Standerton Advertiser het in Desember berig oor dié jongman se stryd met sy gesondheid.
JW sou Maandag vir ¦n opvolgbesoek by die hospitaal gaan en sy pa het slegs lof vir die mediese sorg van die hospitaal.
“Daardie mense het vir ons goeie diens gegee.”
JW se toekomsplanne wentel nou om inskrywing by die Gert Sibande Kollege en hy en sy pa is saam bedrywig op die plaas.
“Ek wil net almal bedank wat tot die mediese onkoste bygedra het,” het mnr. Stemmet mee afgesluit.
https://standertonadvertiser.co.za/84864/jw-stemmet-benodig-hulp-met-mediese-uigawes/



