Raak bietjie nostalgies oor die Monumentsentrum
Tydens die Standerton Advertiser se besoek op Donderdag 29 Augustus was daar nie met die netheid fout te vinde nie, die handelswêreld voer egter die botoon.
Die Monumentsentrum op Standerton het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan.
‘n Paar dekades gelede het dit as die Juliana te Water-plein bekendgestaan met opgeskote kinders wat hul pa’s gesmeek het om na die liggies in die aand te gaan kyk.
Fonteintjies wat gespuit het en groen grasperke het tot die dorp se voorkoms bygedra.
“Ons het Sondae daar roomys geëet en dit was pynlik netjies en skoon,” het die sakeman, mnr. Nelis Stroebel, gesê.
Groter kinders sou self met hulle fietse soontoe ry.

Die Te Waters was bekende inwoners, oom Bill het ‘n mediese praktyk gehad en tannie Juliana het die portefeulje van burgemeester behartig.
Tydens die Standerton Advertiser se besoek op Donderdag 29 Augustus was daar nie met die netheid fout te vinde nie, die handelswêreld voer egter die botoon.
Benewens die kitsbanke, groot kleinhandelname, ander winkels en ruim parkeergebied, is ‘n monument opgerig vir Standerton se gestorwe soldate van die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. asook ‘n klipmonument wat die Groot Trek herdenk, naby die trappies wat na die ondernemings lei.
Melding kan van die paar verdwaalde boompies gemaak word.




