CrimeNews

#JacoJordaan: Heidelbergse sakeman moet weer in November in Evander-streekhof verskyn vir beleggingsbedrog

Die rede hoekom sy vorige prokureur van die saak onttrek het, is nie bekend nie

EVANDER – Die R100-miljoen se beleggingsbedrogsaak teen mnr. Jaco Jordaan, is op Woensdag, 4 September weer uitgestel omdat sy prokureur van die saak onttrek het.

Mnr Jordaan, ‘n Heidelbergse-sakeman wat van meer as R100-miljoen se beleggingsbedrog verdink word, het dié dag die Evander-streekhof van sy nuwe regsverteenwoordiger ingelig.

Die rede hoekom sy vorige prokureur van die saak onttrek het, is nie bekend nie.

Mnr. Jordaan word daarvan aangekla dat hy meer as ‘n honderd mense van Kriel en Secunda uit hul spaargeld bedrieg het.

Die polisie glo sy beleggingskema mag moontlik ‘n grootskaalse ponzi-stelsel wees. Die meeste mense van Kriel is bejaarde pensioentrekkers of mense wat ongeskik vir werk verklaar is. Hulle het hul hele pensioen by mnr. Jordaan se onderneming, Stocktraders SA, belê.

Die polisie se handelsmisdaadeenheid ondersoek die saak.

Mnr. Jordaan is uit op borgtog van R50 000. Hy het ook sake in Sandton teen hom. Hierdie sake sal na wat verwag word by dié van Secunda en Kriel gevoeg word.

Die saak is tot 6 November uitgestel sodat mnr. Jordaan se nuwe prokureur met die saak vertroud kan raak.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/109679/hofgalery-stampvol-mense-wat-jordaan-agter-tralies-wil-sien-oor-beweerde-beleggingsbedrog/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button