LCUC bedank sakelui vir hul ondersteuning
Die LCUC was op Dinsdag 10 September bedrywig by die Standerton Skouterrein om na die onlangse funksie op te ruim.
Lekwa Clean Up Crew (LCUC) kry deurgaans hulp van sakelui op Standerton en het hul borge genooi om hule logo’s of besigheidsname op die LCUC-voertuig te adverteer.
Die ondernemings wat hul onlangs bygestaan het, is Papillon Signs, wat kepse vir die werkers geskenk het, König Coffee, wat swart sakke bygedra het en Wenkem S.A., wat onkruiddoder gegee het.
Brandstof is bygedra deur Engen, Excel en Park Motors, terwyl beskermende kleredrag deur Mica en Quick Volt voorsien is.
Hulle het almal bedank.
Die LCUC was op Dinsdag 10 September bedrywig by die Standerton Skouterrein om na die onlangse funksie op te ruim.
Volgens mnr. Jandré Kasselman, sal die werkers gedurende die skou besig op die terrein wees.




